Rate negotiable
Introduction Is jy ’n ervare skaapboer met ’n passie vir skaapproduksie, kuddebestuur en winsgewende boerderypraktyke? Hierdie is jou geleentheid om jou kundigheid in ’n uitdagende en dinamiese boerdery-omgewing toe te pas.
’n Gevestigde landbou-onderneming is op soek na ’n ervare, toegewyde en resultaatgedrewe Skaap Produksie Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die doeltreffende bestuur van sy skaapboerdery.
Duties & Responsibilities
Bestuur en koördinering van alle daaglikse skaapboerdery-aktiwiteite. Beplanning en bestuur van teelprogramme, paring, lamtyd en speenprosesse. Monitering van kuddegesondheid, voeding, kondisie en reproduksie. Identifisering en bestuur van siektes, parasiete en ander dieregesondheidsrisiko’s. Akkurate rekordhouding van kuddegetalle, produksie, vrektes, lammers en behandelings. Doeltreffende bestuur van weidings, kampe, waterpunte en voerbronne. Monitering van produksiekoste en verbetering van winsgewendheid. Instandhouding van plaasinfrastruktuur, toerusting en hanteringsgeriewe. Effektiewe personeelbestuur en sterk leierskap.
Desired Experience & Qualification VEREISTES EN VERANTWOORDELIKHEDE:
2–3 jaar se bewese praktiese ervaring in die bestuur en versorging van minstens 2 000 skape.
DIE IDEALE KANDIDAAT BESKIK OOR:
Uitstekende beplannings- en organisatoriese vaardighede. Sterk probleemoplossings- en besluitnemingsvermoë. ’n Praktiese ingesteldheid en die vermoë om selfstandig te werk. Betroubaarheid, verantwoordelikheid en goeie oordeel. Die vermoë om personeel te lei en te motiveer. ’n Begeerte na langtermynstabiliteit en groei binne die boerdery. ’n Landboukundige kwalifikasie of relevante opleiding in veekunde of skaapproduksie sal as ’n voordeel beskou word.
Package & Remuneration R204k to R240k per annum
Rate negotiable
Sourced from external listing
Never pay to apply. Applying is always free on ContractZA. A legitimate employer will never ask for an upfront fee, airtime, or banking PIN. Spot something suspicious? Report this listing.
Hello Hired
Sourced from PNet